Internasionale reg

Die Verenigde Nasies is verantwoordelik vir groot afdelings in die huidige raamwerk van internasionale reg

Internasionale reg (ook bekend as volkereg) reël die volgende verhoudings:

Die individu is nie 'n regsubjek in die internasionale reg nie, alhoewel die individu wel as begunstigde van verskeie verdrae is.

Internasionale reg kan ook verder onderverdeel word in 'n publieke en private aspekte. Internasionale privaatreg het te make met die werking van verskillende state se reg op verhoudings tussen individue. Internasionale publiekreg daarteenoor, reël die verhouding tussen state onderling.

Die internasionale reg het ook nie 'n sentrale wetgewer of uitvoerende gesag nie. Dit beskik wel oor geregshowe waarvan die Internasionale Geregshof en die Internasionale Strafhof, wat albei in Den Haag, Nederland, gesetel is, die bekendstes is.

Die belangrikste grondslae vir internasionale reg is verdrae en internasionale gewoonte.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search